
Welkom
|
![]() |
Ek bly van 2005 in die warm mooie Upington, as jy eers jou tone in die rooi sand gesit het is dit verby. Ons het grond so 270km buite Upington, anderkant Askham waar ons met bees boer. My man het altyd vir my boerseep by ‘n klein winkeltjie gekoop naby Mier. Ons bly op ‘n plot so 10km buite Upington waar my man ‘n veeboer is en ons koop, verkoop en slag skaap en bees. Ons het al gepraat oor boerseep dat ek dit eintlik self kan maak, maar dis mos lekkerder om net te koop. So het my skoonma eendag haar resep voorgelê en daar en dan het die gogga my gebyt. Ons slag omtrent daagliks, daarom het ek altyd vet.
Ek het Mei 2014 begin boerseep maak en maak elke dag boerseep. Ek het vir Helen aangestel na ‘n tyd om my te help aangesien ek nie voor bly nie. Van ons plaaslike gastehuise en padstalle koop by my boerseep en verder stal ek uit by markte en het sover na Namibie tot Durban al boerseep gepos.
Behalwe die gewone boerseep maak ek ook geure boerseep, laventel, soet lemoen en tee boom, dit het nie ‘n skerp reuk nie, maar ruik heerlik, dit het geen kleur nie, en ek gebruik 100% organiese geursel gemaak van grond.
- Orginal
- Tea Tree
- Lavender
- Sweet Orange
- Mixed Flavours
- Guesthouse Size