WELKOM                    HOE MAAK ONS DIT?                    KONTAK EN BESTEL                     PRYSLYS                    LEES IN ENGELS

HOE MAAK ONS DIT?

Boerseep werk fantasites!

Snaaks genoeg party mense ken boerseep, en ander nie, party jong mense ken dit en ouer mense nie.  Die woord boerseep sê eintlik alles, as jy mooi daaraan dink.  Ek het nie met boerseep groot geword nie, maar het wel geweet daarvan, my oumas het boerseep gebruik in hulle huise.  Die feit is dat boerseep suiwer seep is.  Daar word net twee bestanddele gebruik vir die maak van boerseep wat natuurlik is, maw die ph balans is normal.  Hoe sê hulle oor wyn, “hoe ouer hoe beter”, met boerseep kan jy dieselfde sê, dit kan lank gebêre word.

Die geheim is dat boerseep jou sak pas en dit veeldoelig is.  Van olie kolle tot graskolle, (daai wit rugby broek, wanneer jou moed in jou skoene sak met die groen grasvlekke), geen probleem is te groot vir boerseep nie.  Smeer hom, laat lê hom en hoe sê Errol van 7de laan, “a for away”.  Die wit skoolhemde se krae en geel vlekke van die spuitgoed, kom in ‘n japtrap uit.  Dan is daar ook bloed, wyn, kerrie, ink en vele meer wat hardnekkige vlekke is, week dit en was dit.  Hardnekkige vlekke kan ingevryf word en oornag laat lê.

Boerseep werk fantasties in badkamers.  Storte en toilette is weer wit en geen seep aanpaksels tussen die teëls nie, die gaste huise is mal oor boerseep.  Daar is mense wat hulle lyf en gesigseep vervang met boerseep.  Boerseep is baie sag op die vel en dis effektief in koue en warm water. Jy kan baie geld spaar deur jou skoonmaakmiddels te vervang met boerseep.  Boerseep los maklik op en lyk soos stysel. As ek ‘n plakker aftrek en dis so taai, gebruik ek boerseep om die taai aanpaksel te verwyder.

Boerseep is baie vogtig en sodoende kan jy minder lyf of gesigroom gebruik.  Boerseep is baie goed vir iemand met ‘n probleem vel omdat dit natuurlik is en die ph balans reg is.  Mense met ‘n sensitiewe vel of wat ‘n allergiese reaksie toon met gewone seep kan defnitief boerseep probeer, jy kan tot jou klere, beddegoed en lyf daarmee was. Honde kan ook met boerseep gewas word, dit bevogtig, verwyder reuke en hou vlooie weg.

Kontak ons

E-pos: sanetlieb@vodamail.co.za
Sel: +27(0) 82 373 7701
Upington Noord Kaap